top of page

Ons gebruik die term die Exodus (die uittog) wanneer ons na die volk van ISRAEL se bevryding van die Egiptiese onderdrukking verwys, asook die Bybelse verslag van hul verhalende reis deur die woestyn om 40 jaar later in hul toegang tot die Beloofde Land te ontaard.

Hoewel die term, Exodus, nie in die oorspronklike Bybelteks voorkom nie, oorheers die onderwerp met al sy besonderhede vier boeke van die Bybel en word dit in die meeste van die ander Bybelboeke weerspieël. Die verhaal sluit ‘n opeenvolging van die mees ontsagwekkende wonderwerke in die mens se geskiedenis in. Sommige van daardie wonderwerke vorm die kern van ons Christelike geloof. Die PASGA is ‘n goeie voorbeeld daarvan, asook die ontvangs van die TIEN GEBOOIE. Ons leef in ‘n wêreld wat al hoe meer van wonderwerke af wegskram. Die sogenaamde “wetenskaplike” denkwyse aanvaar dit eenvoudig nie. Alles moet verklaarbaar wees; dit moet dus aan die oorsaak-en-gevolg reëls gehoorsaam wees. Die hele skepping waarin ons leef, is egter ‘n wonderwerk en ons word daagliks deur bewyse van God-geskape natuurwette omring, wat die menslike verstand te bowe gaan.

eboek - DIE EXODUS

R100.00Price
bottom of page